Akkomodasie
Sandveld:
Toegang R30 / 5 persone - eenmalig
Kampering R60 per dag / 5 persone langs dam
Kampering in woonwapark met krag R80 per dag / 5 persone
Kano R10 / motorboot R15 - eenmalig

STYWE LYNE SPANNE BONANZA

Die Stywe Lyne Spanne Bonanza is ‘n hengelkompetisie en vind op Vrydag voor die SPAR Bonanza plaas. Spanne kan bestaan uit een tot vier hengelaars. Jou span moet ‘n naam hê. Slegs karp kom in aanmerking en net jou span se vier grootste vis word geweeg. Daar is ‘n boot en oewer afdeling met pryse vir die eerste drie wenners in elke afdeling. Die eerste spanne kry elk R10 000 kontant, die tweede R5000 kontant elk en die derde R2000 kontant elk. Die beste van dit alles is dat deelname aan die Stywe Lyne Bonanza gratis is vir alle deelnemers aan die SPAR Bonanza! Al wat u span moet doen is om in te skryf om deel te neem aan die Stywe Lyne Bonanza. Afgesien van individue is klubs en borge ook welkom om hulle spanne in te skryf. Pryse vir mees oorspronklike naam en beste spandrag.

BOOTHENGEL
Boothengelaars kan op eie risiko tydens die Spar Bonanza op die water oornag. Die SAPS Watervleuel is daar om boothengelaars by te staan. Gee asb ag op hulle instruksies. Bote moet toegerus wees met die nodige veiligheidstoerusting soos lewensreddingsbaadjies, ligte, ligfakkel (flare), ens. Boothengelaars wat nie op die water wil oornag nie, kan vanaf ‘n oewer net vir boothengelaars gereserveer langs die lansering (Sandveld en Noordwes) hengel. Geen boot mag in die donker op die water vaar nie. Anker in ‘n veilige baai vir die nag. Boothengelaars mag nie tussen oewerhengelaars hengel nie en mag ook nie op privaatoewers hengel nie. Moet asb. nie enige flares afvuur tensy ‘n noodsituasie dit verg nie! Bote sal vooraf deur beamptes gevissenteer word om te kyk vir vis. Onthou om SAPS Lock-in te voltooi voordat jy lanseer!

OEWERHENGELAARS
Oewerhengelaars mag aasbote en kano’s gebruik. Onthou jou lewensreddingsbaadjie as jy roei. Oewers sal Vrydagoggend en Saterdagoggend deurgegaan word om alle onwettige visse te konfiskeer. Elke hengelaar sit waar hy plek kry. Hengelaars moet medehengelaars in ag neem en nie meer plek vat as wat billik is nie. As jy plek wil hou vir laatkommers moet jy hengelkaartjies vir hulle staanplek kan toon. Klein motorbote word nie toegelaat om aas in te neem nie.

INWEEG
Inweegpunte op elke oewer is alle ure oop. Sien hengelreëls. Inweegpunte is by lansering by Sandveld en by Ablusie by Noordwes. Moenie met ‘n sak vis by die inweeg opdaag nie. Vang en vrylaat word aanbeveel. Weeg slegs jou grootste vis per spesie vir die Spar Bonanza en vier swaarste karp vir die Stywe Lyne Bonanza. Die rekenaarprogram sal jou beste prys wat jy kan wen uitwerk. Een vis kom in aanmerking vir een prys. Jy kan dus nie die R30 000 kontant wen en ‘n ander prys met dieselfde vis wen nie. Onthou om jou inskrywingskaartjie saam te bring na die inweeg en onthou dat elke hengelaar sy eie hounet moet hê. Jy moet jou Spanne inskrywingsvorm voltooid inhandig by Inweeg vir die Spanne kompetisie voor jy kan weeg. Teikenspesies is karp en baber. LW. Moddervis is nie meer ‘n teikenspesie nie.

PRYSUITDELING
Die prysuitdeling volg sodra die inweeg afgehandel is op Vrydag en Sondag. Jy moet jou hengelkaartjie kan toon om enige prys te kan wen. Jy moet teenwoordig wees by die prysuitdeling om jou prys te ontvang. Een prys per deelnemer, uitgesonderd gelukkige trekkings. Jy moet jou sak met rommel inhandig om vir Leisure Club se vakansieprys in aanmerking te kom. Gee die borge en organiseerders die ondersteuning wat hulle toekom. Sonder hulle kan die toernooi nie plaas vind nie. Laaste maar nie die minste nie – kom ons gee aan God die eer wat aan ons die wonderlike voorreg gee om ons hengelsport te kan beoefen. Laat ons dan ook Sondag as sodanig vier!

Hoe werk die Eko-Care Hengeltabel?
The Eko-Care Fishing Table has been compiled with the help of fishing experts and the data of fishing competitions throughout RSA over a period of 20 years.

Die Eko-Care hengeltabel is ‘n prestasietabel soortgelyk aan die bekende SASOL Atletiek prestasietabel. Hiermee kan die beste prestasie met ‘n objektiewe standaard, naamlik die hoogste punte behaal vir enige een van die teiken visspesie, bepaal word. Die Eko-Care Hengeltabel is sedert laasjaar se Bloemhof Bonanza hersien om die verskillende teiken visspesies, baber en karp op ‘n regverdige manier teen mekaar op te weeg. Daar is ‘n hengeltabel vir elkeen van die teiken visspesies. Hoe groter jou vis is, hoe meer punte verdien jy. Die tabel is relatief tot die grootte van die teikenvisspesie. Byvoorbeeld:
Oewerhengeltabel. Karp10kg = 1000 punte
Baber 20kg = 1000 punte

Boothengeltabel Karp12kg = 1000 punte
Baber 22kg = 1000 punte

Simply weigh your fish and see how many points you have earned on the Fishing Table. The bigger your fish the more points you get. The angler who earns the most points on a carp and catfish together, is the overall winner. All the other prizes (except the Big Banger Prizes) will be determined according to the most points for a single target specie. Because experience has shown that boat anglers have a slight advantage over shore anglers in open competitions, they earn slightly less points than a shore angler for the same size fish.
Die hersiene Eko-Care hengeltabel sal by die Bonanza uitgedeel word.
Hoe werk die Big Banger pryse?
Die "Big Banger" pryse is ‘n baie gewilde komponent van die Bonanza en maak deesdae van byna alle groot hengelkompetisies deel uit. Wat sal nou lekkerder wees as om met ’n Opel Corsa bakkie of R30 000 kontant van hierdie hengeltoernooi af weg te ry! Enige deelnemer staan 'n kans om 'n Big Banger prys te wen. Dit maak die hengelkompetisie net soveel opwindender as daar sulke groot pryse op die spel is!
Deelnemers moet egter besef dat die Big Banger 'n prys is wat slegs gewen kan word indien aan die vereiste voldoen is soos deur die borg vasgestel. Die vereistes word met groot sorg vasgestel sodat dit alhoewel moeilik, nie onbereikbaar is nie. Indien jy as deelnemer nie van die Big Banger kompetisie hou nie, staan dit jou vry om nie aan die hengelkompetisie deel te neem nie. Moenie by die prysuitdeling kla indien die prys nie gewen is nie. Neem asseblief met die regte sportmansgees aan die kompetisie deel.
'n Big Banger prys is vergelykbaar met 'n "hole-in-one" gholfhou. Dit kan behaal word, maar dit is nie maklik nie. Niemand kla by 'n gholftoernooi indien hierdie prys nie gewen word nie. Soos Gary Player na 'n kolhou gesê het: "The more I practice, the luckier I get!"
Heelwat Big Banger pryse is al by ons Bonanzas gewen byvoorbeeld 'n Toyota Tazz, twee KIA Shuma voertuie en R30 000 kontant!
How does the Super Cast “Water is Life” – Cast for Cash - lucky draw works?
All you have to do is to buy as many sample bottles as you wish for only R2 each. Take a sample of water in the dam, write your angling ticket number on the label and hand your bottle in at the Information Center at the prizegiving. A lucky draw at the prizegiving will determine the winners of the 3 x R1000 cash prizes sponsored by Super Cast! The water samples will be tested by Waterlab to see what the quality of the water in the Bloemhof dam is. Help us to conserve our angling waters!

Hoe werk die Holiday Club Hou die dam skoon Kompetisie?
Deelnemers moet hulle hengelarea asb. skoon agterlaat. Plaas al die rommel in julle SPAR plastiesesakke en bring dit na die Prysuitdeling. Daar is ‘n sleepwa vir die rommelsakke en ‘n houer vir jou Leisure Club afskeurstrokie. Voltooi die strokie en plaas dit is die Leisure Club Lucky Draw houer. Die strokie moet asb volledig voltooi wees om in aanmerking te kom vir ‘n trekking. Jy moet ook jou sak rommel inhandig om in aanmerking te kom vir die Leisure Klub vakansiepryse. Kom hou die dam skoon, asb!

Waterlab / GeoScience anti-bedrog ondersoek
Alle wenvisse sal nagegaan word om vas te stel of die visse in Bloemhofdam gevang is. Chemiese toetse kan bepaal of die vis uit Bloemhofdam kom en morfologiese en annalitiese toetse kan bepaal hoelank terug die vis gevang is. Oneerlike deelnemers sal van bedrog aangekla word!

Vissers vir Jesus
Die organiseerders wens hiermee Christen hengelaars te nooi om deel te wees van ‘n groep hengelaars wat bekend sal staan as Vissers vir Jesus by die Bloemhofdam Bonanza. Die gedagte spruit voort uit ‘n wonderlike preek wat Ds. Frans van Niekerk by ‘n vorige Vaaldam Bonanza gepreek het oor die dissipels van Jesus wat ook vissers was. Die gedagte is om deelnemers wat Christene is uit te nooi om op ‘n sigbare wyse hulle Christenskap te verkondig. Die organiseerders glo dat daar baie Christen hengelaars is wat nie vir hulle geloof skaam is nie en ook op die wyse tydens die Bloemhofdam Bonanza sal wil getuig. Nader gerus die Organiseerders vir meer inligting om deel te wees van die Vissers vir Jesus groep.

SPESIALE DIENSTE
Om die hengeltoernooi aangenaam te maak en vlot te laat verloop is vir die volgende voorsiening gemaak:

Tosca’s Hengelgerei (Sandveld) / Confido Hengelgerei (Noordwes)
o Alle hengelbenodigdhede soos visstokke, katrolle, vislyn, hoeke, skepnette, hounette en ‘n verskeidenheid van al die bekendste aas, doepas en dips sal te koop wees.
SPAR BLOEMHOF
o Kom doen u naweek se aankope by SPAR BLOEMHOF, digby die dam. Daar is spesiale aanbiedinge en afslag vir die naweek gereël. Boonop is daar pryse en spesiale geskenkpakkies wat u die naweek net by SPAR BLOEMHOF kan wen!
EXEL BLOEMHOF
o Soos gebruiklik het Exel weer ‘n Topshop by Sandveld met hout, sigarette, koeldrank, ens. Maak gerus ook ‘n draai by Exel in Bloemhof om jou motor en boot se brandstof te hervul.
Danlou Motor & Marine
o Danlou Motor & Marine is by die dam om te help met onderdele en herstelwerk van enige motorbote.
SAPS Watervleuel en polisiëring
o Polisiebeamptes is die naweek by Bloemhofdam om na die deelnemers om te sien. Baie dankie!
Medies
o Paramediese personeel is by Bloemhofdam om alle noodgevalle te hanteer. HK by Sandveld
BEHEERSENTRUM
o Vir enige noodgevalle tydens die naweek skakel 082 574 7427 (Noordwes) of 082 924 3130 (Sandveld) of besoek die Beheersentrum by Sandveld. Hoofoewerbeampte Sandveld: Eddie 082 632 5999 / Noordwes: Nerina 083 759 3168
Gratis YS
o Gratis ys en ‘n Goodie Bag vir die eerste 2000 deelnemers met die komplimente van SPAR by hekke.
INWEEGPUNTE
o Inweegpunte by lansering by Sandveld en by Ablusie by Noordwesoewer. Skakel inweegbeampte om die minimum gewigte vas te stel. 082 632 5999 Sandveld of 083 759 3168 Noordwes
Big Fish Safaris
o Big Fish Safaris, of te wel Hennie Papenfus se manne is daar om ‘n DVD opname te maak van die hele Bonanza wat later landswyd verkoop sal word.